In hierdie reeks raak die animasie-karaktertjie, Toktokkie, soveel aspekte in ons natuur aan wat op ‘n prettige wyse aan die jong kind oorgedra word. Die weetgierigheid van die jong leerders word in so‘n mate geprikkel sodat dit visueel in die brein vasgelê word. Van vele deskundiges se kennis is gebruik gemaak om hierdie, werklik ander manier van kennisontwikkeling, na die jongspan in hul vormingsjare oor te dra. Wat Toktokkies anders maak is dat die jong kyker blootgestel word aan die natuurlike voorkoms van diere en insekte en word in die vorm van storievertelling oorgedra. Dis nie slegs natuurfeite wat aangeleer word nie, ons tel, ons sing, leer lewenslesse – alles om hul kennis te verryk, en dit natuurlik alles in Afrikaans.
Be the first to review “Onbeperkte toegang” Cancel reply
Reviews
There are no reviews yet.