
“Welkom by Toktokkies –
“Leer my ken, kyk my video hieronder!“
Toktokkkies IS:
- ‘n Splinternuwe Opvoedkundige Animasie-reeks
- Vir ons maatjies 3 jaar en ouer
- In AFRIKAANS
- CAPS kurrikulum Ondersteunend
- Aanbeveel deur die Departement van Basiese Onderwys
Leer meer oor die nuwe reeks videos
Video 1 – Hibernasie
Video 2 – Alles oor Bye
Video 3 – Reptiele
Video 4 – Oseaanbesoedeling
Video 5 – Somerpiekniek
Kontak ons om jou Toktokkies video te bestel
Wat Almal Sê…

Vicky Pretorius
Primary School Teacher
“The only source of knowledge is experience’’ – such a wise quote from the legendary Albert Einstein. Purchasing the “Toktokkie” educational videos will give your child / children the opportunity to explore their imagination, learning about the environment and what an important part it plays in their daily lives, as well as learning new vocabulary, and developing their listening and reading skills. These videos will develop your child holistically and create the perfect opportunity to communicate with your child asking them various questions like, “How did this make you feel…?” and “What would you have done if…?”. It could only benefit your child and build his / her knowledge in various areas. GO FOR IT!
Melindie van Vuuren
Laerskool Onderwyseres
Toktokkies is n baie oulike manier om jou kind aan die natuur en verskillende diere en hulle maniere bloot te stel. Toktokkie praat en sing graag oor sy avonture in verskeie habitatte. Hy ontmoet maats wat ook in sy avontuur deel. As n grondslagfase onderwyseres is ek altyd opsoek na nuwe maniere om die leerders te betrek by my lesse. Toktokkies help my om nuwe konsepte aan my leerders te leer op n vlak wat hulle verstaan en ook baie geniet. Die kort lessies is ideaal vir die jonger span wat n kort aandagspan het. Ek sien uit na die volgende avontuur saam Toktokkies.
Ruth Schlemmer
Teksskrywer
Na dekades in die onderwysprofessie leer ons die kind se hele wese ken. Wat hul behoeftes is, hoe elkeen benader moet word, asook die ouderdomsvlak van ontwikkeling. Hierdie kennis was deel van my inspirasie tydens die ontwikkeling van die Toktokkies animasie reeks. Toktokkies breek vir die kind ‘n nuwe ontdekkingswêreld oop, skep ‘n bewuswording van mede-aardbewoners en kweek ‘n natuurgewete wat hul lewenslank sal bybly.
Michelle Schlemmer
Mamma
’Mamma, ‘n padda maak so ‘ribbit, ribbit’ en eet al die vlieë en muskiete wat ons pla. ‘n Naaldekoker kan ook agteruit vlieg en wowie, die spinnekop het 8 ogies.’’ Simon (4jr).
Ons leer so baie interessante feite van die natuur op ‘n prettige manier. Dankie Toktokkies vir ‘By-sonderse’ leergeleenthede.