Video

Toktokkie en sy maats se SOMERpiekniek

Toktokkie en sy maats se SOMERpiekniek

Somerpiekniek is ‘n vrolike, prettige, animasie-video, wat ons leergierige jong kind se ervaringsveld op ‘n spelende wyse verbreed. Toktokkie, die animasie-karaktertjie, is besig om ‘n somerpiekniek te reël en insekte en ander diertjies, wat veral in die somer sigbaar is, word uitgenooi. Vele aspekte en aktiwiteite in die somerseisoen word aangespreek. Ons ontmoet ook Toktokkie se snipperige maatjie, Spinnekop, wat baie te sê het oor insekte met vreemde gewoontes en voorkomste. Hierdeur word ‘n belangrike lewensles beklemtoon, naamlik dat elkeen op aarde sy eie doel en plek in ons pragtige natuur beklee. Ons sing weer lekker saam, tel, klank, bekyk pragtige natuurfoto’s en word wetenskaplik sommer baie slim.

error: Content is protected !!
Share This