Video

Bye – boer – wa

Bye – boer – wa

In hierdie inleidende, wetenskaplike, animasie-video van TOKTOKKIES, betree ons die Wonderwêreld van Bye. Van “die-by-gaan-my-steek”! uitroep by die jong kind, word bye prettige vriende vol verrassings. Die eens vreemde woorde soos stuifmeel, nektar en byekorf word bekende woorde. Ons sing, ons klank, ons tel en Toktokkie, die animasie-karaktertjie, deel sy kennis met behulp van pragtige, gekleurde foto’s, direk uit die natuur. Waardevolle kennis word aan die jong kind oorgedra op ‘n aanskoulike wyse, sodat die kyker bewus word van leefwêrelde buite sy/haar eie milieu.

error: Content is protected !!
Share This